Hoërskool Punt is trots op die 2019 Krieketfees, wat in samewerking met KFC HEIDERAND en VOORBAAI, gedurende die vakansie vir 0/19-spanne aangebied is. Dit was vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gekom het om krieket te speel.
Die volgende skole was by vanjaar se Krieketfees betrokke: PUNT , OUTENIQUA, GLENWOOD HOUSE, HS OUDTSHOORN, LANGENHOVEN GIM, SENTRAAL (BEAUFORT-WES), DESPATCH, PAREL VALLEI, BRACKENFELL, HTS DANIEL PIENAAR, TYGERBERG, STRAND, DIAMANTVELD, FRAMESBY, JIM FOUCHE, DURBANVILLE, STELLENBERG, NICO MALAN, BELLVILLE, HS CHARLIE HOFMEYR, SWARTLAND, DIRKIE UYS, PAARL GIMNASIUM, SENTRAAL (BLOEMFONTEIN) DF MALAN en MARLOW LANDBOU
Die doel van hierdie jaarlikse fees is om vir 0/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp, vriendskappe te smee, en ons pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van ons plaaslike krieket en die gemeenskap by te dra. Ons vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ‘n aktiewe leefstyl aanmoedig, en Mosselbaai, die dorp, bemark.
Vanjaar het 26 skole aan die toernooi deelgeneem. Wedstryde is in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel. Hoërskool PUNT en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!
Hoërskool Punt se spelers het baie goed gevaar en mooi resultate gelewer. Ewan Schoeman (gr. 8) neem 7 paaltjies teen Swartland en 4 teen Tygerberg. Jan-Hendrik Marx teken 104 lopies aan teen Swartland.
Hierdie is ‘n TROTS Hoërskool PUNT en Mosselbaai Dorp geleentheid!