Hoe ons nuwe hoogtes bereik!
How we reach new heights!
Doelstellings van Hoërskool Punt
- Om leerders volgens Christelike lewensbeginsels op te voed.
- Om leerders se verstandelike ontwikkeling te bevorder deur hulle met gesonde studiemetodes, navorsingsvaardighede, logiese denke, probleemoplossing en kritiese selfevaluering vertroud te maak.
- Om leerders se fisiese ontwikkeling te stimuleer deur middel van sport, ontspanning, liggaamlike opvoeding en goeie gesondheidsgewoontes.
- Om leerders se emosionele ontwikkeling te bevorder deur die aanleer van aanvaarbare karakter- en persoonlikheidseienskappe soos selfbeheersing, selfdissipline en sensitiwiteit vir ander se gevoelens.
- Om leerders tot goeie landsburgers op te voed deur eerbied vir die nasionale simbole, respek vir gesag, reëls en wette en ‘n verantwoordelike benadering tot burgerlike verantwoordelikhede, stemreg en die regeringstelsel aan te kweek.
- Om leerders tot selfstandigheid en volwassenheid op te voed deur leiding rakende korrekte sosiale gedragspatrone, kommunikasievaardighede, goeie menseverhoudings, selfkennis, oordeelsvermoë, ‘n individuele waardestelsel, ‘n normale en gesonde lewensbeskouing en positiewe karaktereienskappe, asook die waarde van gemeenskapsbetrokkenheid te gee.
Objectives Of Point High School
- To educate learners according to Christian principles.
- To promote the intellectual development of learners by familiarizing them with sound study methods, research skills, logical thinking processes, problem solving and critical self-analysis.
- To stimulate the physical development of learners through sporting activities, recreation, physical education and health habits.
- To promote the emotional development of learners through the acquiring of commendable characteristics such as self-control, discipline and sensitivity towards others.
- To lead learners to become exemplary citizens by emphasizing respect for national symbols, authority, regulations and laws, and by developing a responsible attitude towards civilian duties, voting and the national government.
- To guide learners towards independence and maturity by providing directives concerning correct social behaviour, methods of communication, sound human relationships, self-knowledge, judgement, an individual set of values, a normal and healthy philosophy of life and positive characteristics as well as active involvement in the community.
Algemeen
- Die Hoërskool Punt is ‘n gevestigde skool wat sedert 1921 in diens van die gemeenskap van Mosselbaai staan met die strewe om die kind as geheel te ontwikkel.
- Die skool is ‘n publieke skool. Die onderrignorme en -vereistes word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bepaal. Die belange van ouers word op plaaslike vlak behartig deur ‘n Beheerliggaam waarvan die meerderheid lede deur ouers uit eie geledere verkies word.
- Die skool beskik oor die dienste van ‘n toegewyde, energieke en ten volle gekwalifiseerde personeel.
- Die skool word in ‘n moderne gebou gehuisves wat die mooiste uitsig in die land het.
- Naas die gewone georganiseerde bedrywighede word sporttoere, leierskampe en opvoedkundige uitstappies gereeld onderneem.
- ‘n Bedrywige en dinamiese Ouer-Onderwysersvereniging lewer ‘n waardevolle bydrae tot verskillende projekte in die skool.
School Attendance
Regular school attendance is a prerequisite for progress. Therefore it is of great importance to observe the following:
- Appointments (of any nature) during school hours must be avoided as far as possible.
- The Department of Education requires that learners attend the school until the last day of each term. It is expected of principals to make the necessary arrangements to ensure this. Therefore, it will be to no avail to contact the principal to request leave of absence. The same applies to learners who are absent too frequently and without acceptable excuses during the term.
- The principal must be informed in writing of the circumstances which necessitated absence on any specific day. After having been absent, a learner must first announce himself/herself at the office before joining his/her class again.
- No learner may leave the school grounds if he/she is not signed out by his parent/guardian.
Ons Missie
Hoërskool Punt bied gehalte-onderwys, streef na uitnemendheid in akademiese, sport- en kultuuraktiwiteite.
Ons omarm die diversiteit van al ons leerders en streef na ‘n gevoel van inklusiwiteit en geborgenheid. Engels en Afrikaans word as onderrigmediums gebruik.
Alle leerders word die geleentheid gebied om binne ‘n gelukkige, veilige en gedissiplineerde omgewing, waar die waardigheid van die individu gehandhaaf word, hul volle potensiaal in denke, liggaam en gees te ontwikkel.
Ons streef daarna om die waardes: respek, verantwoordelikheid, eerlikheid, omgee en innovasie te vestig, en moedig die etiek van harde werk, deursettingsvermoë en selfdissipline aan.
Om hierdie missie te vervul, streef Hoërskool Punt daarna om:
- leerders binne 'n omgewing van aanvaarde Christelike waardes op te voed met die bewustheid van respek vir ander gelowe;
- relevante, uitdagende en gebalanseerde onderrig te bied;
- leerders in staat te stel om hul volle potensiaal te verwesenlik;
- die waardevolle tradisies van die skool te handhaaf;
- ‘n koesterende koshuisomgewing te bied wat in die behoeftes van die leerders voorsien;
- kundige personeel te lok en te behou;
- die beste opvoedkundige fasiliteite te bied;
- oop kommunikasie en noue interaksie met ouers te bevorder;
- die finansiële welsyn van die skool te verseker.
Our Mission Statement
Point High provides quality education, striving for excellence in academic, sporting and cultural activities. We embrace the diversity of all our learners, striving for a sense of inclusivity and belonging. English and Afrikaans are used as the mediums of instruction.
All students are afforded the opportunity, within a happy, secure and disciplined environment where the dignity of the individual is upheld, to develop their full potential in mind, body and spirit. We aim to instil the values of respect, responsibility, honesty, caring and innovation and encourage the ethics of hard work, perseverance and self-discipline.
In order to fulfil this mission, Point strives:
- to educate students within an environment of accepted Christian values with awareness of and respect for other creeds;
- to offer a relevant, challenging and balanced education;
- to enable students to realise their full potential;
- to embrace the valuable traditions of the school;
- to offer a nurturing hostel environment to cater for the needs of students;
- to attract and retain staff of the highest calibre;
- to offer the best educational facilities;
- to promote open communication and close interaction with parents;
- to secure the financial well-being of the school.
Ons Visie
Hoërskool Punt is sedert 1921 een van die toonaangewende skole in die omgewing. Dit is ‘n gelukkige en dinamiese skool met ‘n innoverende uitkyk wat verseker dat die leerders sowel as personeel hul volle potensiaal bereik om ‘n betekenisvolle rol in ons gemeenskap en samelewing te speel.
Our Vision
Point High, one of the leading schools in the area since 1921, is a happy and dynamic school with an innovative outlook that makes sure all its members reach their full potential in order to play a meaningful role in our community and society.