Interskole atletiek. Die Hartloop Interskole Atletiek byeenkoms het op 9 Februarie Oudtshoorn plaasgevind. Skole wat deelgeneem het was, Hoërskool Punt van Mosselbaai. Ander skole was Hoërskool Outeniqua van George, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn.
Hoërskool punt se dogters het in alle ouderdomsgroepe, behalwe een, die top prestasie ontvang! Walter van Rensburg – o14 Seunsatleet van Punt, is gekroon as o14 Seunsatleet van die dag.
Hoërskool Punt se atlete het gesorg vir die verbetering van ses rekords tydens die byeenkoms:
Mia Herselman: Dogters o.14 verspring – 5.38m. Vorige rekord: 5.18m
Mia herselman: Dogters o.14 100m – 12.7sek. Vorige rekord 13.4sek
Chrizanne Swart: Dogters o.14 Diskusgooi – 30.73m. Vorige rekord 29.22m
Mieke Coetzee: Dogters o.15 Hamergooi – 44.32m. Vorige rekord 35,56m
Anika Beukes: Dogters o.19 200m – 25.5sek. Vorige rekord 26.2sek
Jandri Snyders: Dogter o.19 800m – 2min. 20.6sek. Vorige rekord 2min. 23sek
Atlete van die dag:
Mia Herselman van Punt is gekroon as die o.14 Dogtersatleet van die dag
Mieke Coetzee van Punt is gekroon as die o.15 Dogtersatleet van die dag
Anika Beukes van Punt is gekroon as die o.19 Dogtersatleet van die dag
Walter van Rensburg – o14 Seunsatleet van Punt, is gekroon as o14 Seunsatleet van die dag.
Baie geluk aan al die atlete van Hoërskool Punt!