13th April 2018

WISH : Wees iemand se held

Annemie de Graaf en Franciska Olivier (albei Graad 10 in Hoërskool Punt) het ‘n projek geïnisieer by die skool genaamd WISH (Wees Iemand Se Held). Die projek behels onder andere die insameling van kruideniersware vir minderbevoorregte leerders in die skool en hulle gesinne.

Ons is oorweldig deur die vrygewigheid van Hoërskool Punt se leerders en ouers en kon reeds baie gesinne daardeur help. WISH wil graag elkeen bedank wat sover ‘n bydrae gemaak het. Ons waardeer dit opreg. Meeste van die kruideniersware wat ontvang is, is reeds uitgedeel aan minderbevoorregte leerders in die skool en hul gesinne. Enige oorblywende kruideniersware gaan versprei word in die gemeenskap. Die geld wat ingesamel is, word gebruik om die kruideniersware aan te vul.

Ouers en leerders wat aangedui het dat hul maandelikse of kwartaallikse bydraes wil maak, kan dit in die kratte voor me. Van Staden se kantoor kom plaas of die geld by haar inbetaal. Merk asseblief alle bydraes duidelik met die betrokke leerder se naam en klas.

Op die foto: Annemie de Graaff en Franciska Olivier by me. Van Staden (die skool se gemeenskapsdiens-koördineerder) met van die kruideniersware wat reeds ontvang is.