WISH (Wees Iemand Se Held) deel gereeld kruideniersware en toiletware uit aan behoeftige gesinne in ons skoolgemeenskap. WISH bedank Vredebest vir hulle skenking, asook alle ouers en leerders wat gereelde bydraes maak.
Op die foto’s verskyn Kyla Viljoen, Annemie de Graaff en Franciska Olivier saam met me. Van Staden by die Vredebest-skenking en Annemie, Kyla en Franciska by die pakkies kruideniers- en toiletware wat hierdie maand uitgedeel gaan word.