11th June 2021

Wish help ander in nood

WISH MAAK ‘N VERSKIL
Sedert die begin van die jaar het leerders en ouers ons ondersteun met vrygewige bydraes van kruideniersware en kontantdonasies vir WISH se Kruideniersware Projek. Die doel van die projek is om Iemand Se Held te Wees deur bydraes van kruideniersware of kontant te bring wat dan gebruik word om die minderbevoorregte gesinne in ons skool te help. Leerders en ouers kan Eenmalig, Maandeliks of Kwartaalliks bydra.
Ons is baie trots om te sê dat as gevolg van die Punt-familie se vrygewige bydraes, ons reeds verskeie gesinne in nood kon bystaan. Ons sien ook dikwels wonderwerke plaasvind: Ons het hierdie week byvoorbeeld ‘n pakkie voorberei vir ‘n gesin, maar het ‘n paar items gekort. Net voordat die gesin die pakkie kom haal het, het ‘n ander gesin ‘n pakkie ingebring met al die items wat ons gekort het! Daar was ook heelwat leerders wat skenkings vanuit hul eie sakgeld gekoop het. Sulke stories maak ons trots op ons Visse!
Baie dankie vir elkeen se bydrae.