HSP se musiekdepartement het op 21 Oktober 2020 ‘n onvergeetlike Musiekkonsert in die Dias Museum aangebied. Hierdie konsert is ook deur die Mosselbaai Kunstevereniging ondersteun.
Baie dankie aan Me. Louise Van Wyk-Visser wat dit georganiseer het asook Dr. Andre Leonard vir sy baie groot bydrae tot die sukses van die aand.
Daar was optredes deur verskeie van HS Punt se leerders, Me. Van Wyk-Visser en gaskunstenaars. Die Dias Museum het ‘n pragtige atmosfees geskep en die gehoor het die vertonings baie geniet.
Baie dankie ook aan die volgende borge:
Baruchs
Skin
Krotoa
Baie geluk met ‘n pragtige aand HS Punt Musiekdepartement!