WES-KAAP SWEM: Punt-leerders soos “visse” in die water!
Izaan Hough en Dirco Nienaber het albei Wes-Kaap skole kleure vir swem gekry en beide van hulle gaan gedurende Desember 2018, in Gauteng, aan die SA Skole proewe deelneem.
Hiermee saam het elkeen onderskeidelik nuwe SWD rekords opgestel.
Izaan Hough het in die 17 jaar ouderdomsgroep, 50meter Vryslag, die SWD rekord verbeter wat reeds vanaf 2013 staan.
Dirco Nienaber het in die 15 jaar ouderdomsgroep, 50 meter Borsslag, die SWD rekord verbeter wat reeds vanaf 2016 staan.