31st October 2019

VRL in opleiding!

Ses en dertig lede van die Sosiale-, Sport- en Kultuurkomitees het op Maandag, 28 Oktober 2019, opleiding in leierskap ontvang. Hierdie lede speel ‘n baie belangrike rol in die die skoo,l aangesien hulle die skakel tussen die leerders en personeel vorm. Hulle het ‘n groot taak om volgende jaar te vervul.

Me. Sanet Grobler, ‘n opgeleide fasiliteerder in leierskap, lei groepe van alle ouderdomme op. Sy het die groepe leiding gegee oor hoe om leierskap op alle gebiede uit te lee fen het hulle voorberei op hul taak vir 2020. Die onderskeie groepe het ook hul beplanning vir 2020 gedoen.

Me. J. Aucamp was vir die afgelope 8 jaar die onderwyseres in beheer van die VRL . Sy tree DV Februarie 2020 af en Me. M. Leeuwner neem die leisels, as skakelonderwyser, by haar oor.