Op Vrydag, 8 Februarie 2019, was dit weer Hoërskool Punt se jaarlikse Vlotvaart! Hierdie gebeurtenis is een van die Visse se hoogtepunte op die jaarprogram. Die leerders kan aan enige van die aktiwiteite deelneem. Daar is natuurlik ook die spanne wat voluit gaan met hul uitrustings vir die dag.
Vlotvaart, bou van sandkastele, Mnr. en Me. Santos, “touchies”, toutrek en nog vele meer aktiwiteite is aangebied. Dit was ‘n heerlike sonskyn-dag en die leerders het hulself gate uit geniet.
Personeel en ouers het, met die toutrek, die skare omtrent vermaak met hul pogings om regop te bly in die sand.
Die dag is afgesluit met die kies van Mnr. en Me. Santos. Vanjaar se wenners is as volg:
Me. Santos Jnr: Jané du Preez Mnr. Santos Jnr: Wayne Smith
1e prinses: Ezané Taylor 1e prins: Stefan Fourie
2e prinses: Jandri Snyders 2e prins: Jacques Fourie
Me. Santos: Corita Louw Mnr. Santos: Hansie Barnard
1e prinses: Meghan Young 1e prins: Taegan van Niekerk
2e prinses: Andrea Kommer 2e prins: Ernest Lamprecht