6th August 2018

Verbruikerstudie: Koekversieringskompetisie

Die Verbruikerstudie-leerders van Me Nieuwoudt en Jansen het hulself weer oortref tydens die jaarlikse Koekversierings-kompetisie. Die tema was “Verbruikerstudie-inspirasie”. Danksy die veelsydigheid van die vak, was daar ‘n wye verskeidenheid kreatiewe skeppings. Ons wag nou in spanning om te hoor wie die wenners is.