8th April 2019

Top Skole Netbaltoernooi in George

Hoërskool Punt se 1ste netbalspan het tydens die Maart-vakansie in George aan die Topskole Netbaltoernooi deelgeneem.
In ons poel speel ons die volgende wedstryde (Punt tellings eerste):
vs Jeugland 18-27
vs Grens 27-11
vs Zwartkop 15-20
vs Bredasdorp 34-20
vs Jim Fouche 23-34
Die meisies eindig 4de in Poel speel uit teen:
vs Affies 16-36
vs Outeniqua 25-15
Punt moes teen Langenhoven uitspeel vir 5de of 6de plek. Langenhoven was egter nie beskikbaar nie en ons speel teen Hugenote en wen 22-11.
Punt se 1ste netbalspan eindig 5de uit 12 skole. ‘n Uitstekende prestasie vir ‘n baie jong span.
Die finaal is tussen Affies vs Zwartkop en Affies wen 25-20
Baie dankie aan ons borge: Just Property, TMK Landmeters, Du Toit Lambrechts Inc., Seesig Motors, Hartenbos Slaghuis en AG Projects.