Kayla Esselen (van HS Punt) het hierdie naweek aan ‘n groot Grand Prix TSA tennis toernooi deelgeneem in die vroue afdeling ( alhoewel sy nou eers onder 16 is) .
Na vier lang dae van tennis en sterk kompetisie vanuit al die verskeie provinsies, eindig sy en haar dubbelmaat ( Naledi Manyube) tweede in die dubbel afdeling. Hulle verloor in die finaal in ‘ n derde valbylstel teen die toernooi se eerste gekeurde, Sarah Millard van Gauteng en die 20 jarige Rebecca Brody van Amerika .
Fotos:
1. Kayla en haar dubbelmaat Naledi.
2. Kayla en Naledi saam met hulle afrigter, Tielman Meyer.
3. Die vier wenners saam met Tielman Meyer