Baie geluk aan Izaan Hough wat tydens die vakansie aan die SA Swemkampioenskappe deelgeneem het. Tydens hierdie byeenkoms behaal sy ‘n 6de plek in die 50m borsslag en ‘n 10de plek in die 50m vryslag. Dit is uitstekende resultate aangesien daar ‘n baie groot aantal deelnemers van regoor die land aan hierdie kampioenskappe deelgeneem het.
Izaan kwalifiseer nou vir die 2018 SA Jeug Swemkampioenskappe wat in Port Elizabeth sal plaasvind.