Ons o/14A, o/16A en Eerstespan het op 23/05/2018 in Riversdal aan die Top Skole Netbaltoernooi deelgeneem. Skole in die SWD-streek het aan die toernooi deelgeneem:
HS Punt se spanne het baie goed gedoen met die volgende resultate:
o/14A wen 2 uit 3 wedstryde ( wen HS Langenhoven 14-12 en HS Oudtshoorn 15-10. Hul verloor 9-13 teen HS Outeniqua)
o/16A wen 1, verloor 1 en speel een gelykop
1ste Span wen al drie hul wedstryde (HS Langenhoven 22-11, Langenhoven Gimnasium 25-15 en HS Outeniqua 26-17)
Ons 1ste span en o/14A-span gaan deur na die Wes-Kaap Top Skole Toernooi wat op 1 Junie 2018 sal plaasvind.