2nd Apr 2019

Skaakproewe

Vyf van ons leerders het gekwalifiseer om aan die Eden-skaakproewe deel te neem. Leigh Carolus het baie sterk kompetisie in die o/20-afdeling gehad maar steeds 3 van haar 4 wedstryde gewen. Stefan Coetzer het 2 van sy 4 wedstryde gewen en Ruchen October en Louw Pienaar het elk 1 wedstryd gewen.
Die volgende proewe word in die tweede kwartaal gespeel.

Foto vlnr:
Louw Pienaar, Leigh Carolus, Stefan Coetzer en Ruchen October.
Afwesig: Brandon Kiewietz (kon ongelukkig nie in Calitzdorp speel nie)