Die 8ste AJ Sportweek het vanaf 15 – 20 Maart 2019 plaasgevind. 26 Rugbyspanne (18 x o/19 spanne, 4 x o/16 spanne en 4 x o/14 spanne) het aan die Sportweek deelgeneem.
Hoërskool Punt het weereens baie goed gevaar. Die Eersterugbyspan het baie goeie rugby gespeel en het teen Riebeeckrand 31 – 7 gewen, 7 – 5 teen Hangklip gewen en ongelukkig teen Frikkie Meyer, wat in die doodsnikke ‘n drie gedruk het, 31 – 17 verloor.
Die O/19 B Span het teen Diamantveld B 10 -19 verloor , Adamantia 24 – 0 gewen en Middelburg 22 -10 gewen.
Die O/14-span (2 wedstryde teen Melkobosstrand 17-12 en 12-0 gewen) en o/16-span (3 wedstryde gespeel teen: Landboudal 5-29 verloor, Sao Bras 17-12 gewen en Stoffberg 0 –10 verloor) het baie goed gespeel in baie kompeterende wedstryde.
Hansie Barnard, Reece Taljaard en Henco Senekal is in die Travel and Sport Rugbyspan ingesluit. Hierdie span sal gedurende die September-vakansie na Italië toer. Mnr Gustav Steinhöbel is ook gekies as die afrigter van hierdie span saam met Pierre van Jaarsveld van Frikkie Meyer.
‘n Uitstekende afrigtingsessie deur Vlok Cilliers en sy span (Matthew Proudfoot wat huidiglik die Springbokke se hulp-afrigter is en Devon Raubenheimer, voormalige SWD en Springbokspeler) wais op Dinsdag, 19 Maart, aangebied en die afrigters en spelers het dit geweldig geniet.