Veertien leerders van Hoërskool Punt se Interact Club het op Vrydag, 23 Maart 2018, paaseiers uitgedeel by tien Smartstart skooltjies in Kwanonqaba. Hierdie skooltjies bied vir 250 kinders, tussen die ouderdom van 3 en 5, ‘n hupstoot in die lewe. Annemerie Saffi organiseer hierdie skooltjies en het die liefdadigheidsgroep vergesel. Behalwe vir die lekker paaseiers, het almal speletjies gespeel, kaartjies uitgedeel en liedjies gesing.
Aangeheg ‘n foto van hierdie span:
Agter vlnr: Siphesihle Johnson , Kyla van der Westhuizen, Caroli Byleveldt, Zani Fourie, Mej A Jordaan, Marina Barnard, Kelly October, Omphile Mahapanele
Voor vlnr: Erin Jeffery, Mareli Schoeman, Amy Corkill, Bianca de Swart, Vuyisa Ramohomane