12th August 2021

Radikale Redenaars

Die Radikale Redenaars van HS Punt het uitstekend presteer. Die Radikale Redenaars kon as gevolg van Covid-19 nie soos gewoonlik voortgaan nie, en moes noodgedwonge aanlyn plaasvind.

Afrikaanse Modertaal (voorbereid):
Cozette Pretorius behaal ‘n A+, Mariné Botha behaal ook ‘n A+, Carla Smit behaal ‘n A+ en Janika Pretorius behaal ook ‘n A+ simbool.

Individuele Eksperimentele afdeling:
Uys Keyser en Fanie Keyser behaal elk ‘n A+.

Hoërskool Punt het ook twee spanne ingeskryf:
Span 1 behaal ‘n A+:
Fanie Keyser, Reece Meyer, Zehani Lodewyk en Roelindi Pretorius.
Span 2 behaal ‘n A:
Uys Keyser, Kayla Esselen, Mariné Botha en Stephanie Muller