Op die 25ste April 2019 het 13 van HS Punt se leerders aan die Radikale Redenaars se eerste rondte in Mosselbaai deelgeneem.
Twee van hierdie leerders, Sipho Ngcwangu en Anja van Staden, is op grond van hul uitstekende uitslae, direk deur na die nasionale finale rondte wat later vanjaar in Pretoria gehou sal word.
Die volgende HS Punt-leerders gaan op 13 Julie 2019 aan die Wes-Kaap se semi-finale rondte by Hoër Meisieskool Paarl, deelneem:
Gr. 8: Mariné Botha en Stefani Muller
Gr. 9: Janika Pretorius, Carla Smit en Cozette Pretorius
Gr. 10: Douwlene Conradie en Anja van Staden
Gr. 11: Mieke Oosthuizen en Suné Joubert