Hoërskool Punt was vanjaar vir die tiende keer by die CANSA Relay for Life betrokke. Vanjaar se Relay for Life is op Saterdag, 3 November 2018, by die amfiteater in Hartenbos aangebied. Hoërskool Punt verskaf ook elke jaar vrywilligers vir die CANSA Shavathon in Mossel Bay Mall en Langeberg Mall. Hierdie jaar was 27 leerders hierby betrokke. Die skool het ook spanne ingeskryf vir die Streetmile for CANSA. Tekkie Tax-dag op 25 Mei is gevier deur leerders toe te laat om die veters wat hul gekoop het, by hul skoolskoene te dra. Ons CANSA-vrywilligers het ook ‘n spreker gereël vir die OOV se Damestee op Vrouedag. Fondsinsamelings vir ons Relay for Life-span het koekverkopings, veterverkope vir Tekkie Tax, asook verkope van badges en cupcakes by die OOV-damestee behels. Hierdie jaar se span het hulself die Fighting Trojans genoem.
Foto:
Agter: Shana Calitz, Simoné Kraamwinkel, Stella Enos, Shané Koen, Emile Weder, Alwyn Marx, Chanell Fourie, Chad Elbrecht
Voor: Me. A. van Staden, Lunje Mengezeleli (Team Captain), Eileen Swanepoel en Kayla de Jongh