Mieke Theron en Kayla Esselen (albei o/14) het Eden-tennis op 15 en 16 Junie 2019, in George, tydens ‘n Interpro-toernooi, verteenwoordig. Hulle speel in die o/16-ouderdomsgroep en wen al hul wedstryde (enkels, dubbels en gemeng).

Eden klop Noord-Kaap 42-6 en ook vir OP 36-12.