9th September 2021

Punt Skryfkuns

Twee van Hoërskool Punt se leerders het aan die “Ink skryf in Afrikaans” kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar.

Twee van Nina van Schalkwyk (gr. 10), en vyf van Chené Claassen (gr. 12) se gedigte is vir publikasie in die Bloemlesings (‘n publikasie wat ‘n versameling literêre werke van ‘n skrywer of skrywers bevat) opgeneem.

Hierdie leerders is ook na die Prestige Gala-aand, wat op 13 November 2021 in Pretoria sal plaasvind, uitgenooi.

Baie geluk aan Chene Claassen en Nina van Schalkwyk met uitstekende prestasies in skryfkuns.