Me. Martha Leonard het hierdie jaar haar 30 jaar dienssertifikaat van die WKOD ontvang. Sy het op 1 Oktober 1987 by Hoërskool Punt begin werk en is vandag steeds ‘n baie trotse “Vis”.
Me. Leonard is die skoolhoof, Mnr. A.J. Gouws se sekretaresse en sy is ook die dame wat sorg dat die skoolklok op die regte tye lui. Haar stem is ook aan al ons leerders en oud-leerders bekend aangesien sy reeds vanaf dag 1 in beheer was van die afkondigings.
Me. Leonard, baie dankie vir jou jarelange diens aan Hoërskool Punt!