Op 20 Mei het die junior debatspan in Riversdal by Hoërskool Langenhoven gaan deelneem.
Dané Lubbe (eerste spreker), Quré Roets (tweede spreker) en Liané Pretorius (derde spreker) het Hoërskool Punt se naam hoog gedra. Dit was hulle eerste keer so die spanning was tasbaar, maar die entoesiasme ook. Hulle het gaan redeneer oor hoekom Geskiedenis nie ‘n verpligte vak in alle Suid-Afrikaanse hoërskole behoort te wees nie. Hierdie drie Visse het baie oortuigend geredeneer en goeie ondervinding gekry en kan nou sirkels om enige graad 8 – leerder debatteer.
Lischen Roets (spreker 1) en Stefani Muller (spreker 2) het op 21 Mei as senior debatspan in Riversdal gaan deelneem. Hulle het vir ‘n vurige maar passievolle debatgesprek gesorg en hulle opponente moes lekker asem ophou omdat geen argument die voordele van die ontrekking van Multinasionale maatskappye aan Suid-Afrika, enige iemand gaan oorreed nie. Dié span het bankvas agter hulle argumente gestaan en hul goed van hul taak gekwyt.
Punt is baie trots op ons Junior Debatspan wat dan ook deurdring na die Nasionale finaal in Augustus wat by ATKV-Buffelspoort gehou word.
Junior debatspan (Dané Lubbe, Quré Roets en Liané Pretorius)
Senior debatspan (Stefani Muller en Lischen Roets)