Graag wil Hoërskool Punt Me. Karen van den Berg en Mnr. Rudolf Botha geluk wens met die nuwe posisies wat hul by die skool beklee.
Me. Karen van den Berg sal voortaan die Adjunkhoof pos (Beheerliggaam) vir Dissipline by die skool beklee. Haar harde werk en toewyding kan duidelik gesien word in die netheid van ons seuns en dogters asook ons leerders se uitstekende dissipline. Baie sterkte met u taak.
Mnr. Rudolf Botha sal voortaan die pos beklee as Departementshoof (Beheerliggaam) vir Wiskunde Graad 8 en 9. Hy is verder ook verantwoordelik vir Personeelopleiding. Ons wens hom baie sterkte toe vir hierdie nuwe uitdagings.
Beide hierdie 2 personeel het reeds diep spore by HOëRSKOOL Punt getrap. Geniet hierdie nuwe uitdagings en dankie vir u harde werk.