9th April 2019

Punt-personeel op toer …..

Baie geluk aan die volgende personeel wat by verskeie toerspanne en toernooie betrokke sal wees:

RUGBY: Mnr. JR Foreman (o/16 Grant Khomo) en Mnr. Marais Pelser (o/18 Cravenweek) is aangewys as keurders vir die onderskeie.

RUGBY: Mnr. Gustav Steinhöbel is gekies as afrigter van die AJ Sportweek-toerspan wat gedurende die September vankansie na Italië sal toer.

RUGBY: Mnr. Michiel Neethling is aangewys as die o/17 SWD Sewes-afrigter vir die IPT Sewes-toernooi.

KRIEKET: Mnre. JR Foreman en Rudolf Botha is aangewys as afrigters van die Punt Krieketweek-span wat gedurende die Junie-vakansie na Sri Lanka toer.

Baie geluk Menere en sterkte met die groot taak!