18th May 2018

PUNT OSCAR-AAND

HS Punt het vanjaar sy eerste Oscar-aand aangebied.

Die proses het begin deur kriteria te bepaal en daarna het die gr 10 – 12 leerders medeleerders vir die onderskeie kategoriee genomineer.

Die tel van stemme vir die genomineerdes het baie tyd in beslag geneem en uiteindelik kon die top kandidate in elke kategorie aangewys word. Alle leerders van gr 8 tot gr 12 was by die stemmery betrokke. Na afhandeling van die stemmery het die finale tel van stemme begin.

Die groot aand het op Donderdag, 17 Mei 2018 in die skoolsaal plaasgevind. Tydens die aand het Punt se ATKV-Tienertoneel groep die gehoor met ‘n voorsmakie van hul produksies bederf.

Daarna het die groot gewag op ‘n einde gekom en die aankondiging van die wenners het begin!!!!

And the Oscar goes to …………………
Mej Bene: Christie Smit
Mr Muscles: Reece Taljaard
Mnr Kuite: Armand Wienand
Mej Snoepie: Anika Otto
Mnr Snoepie: Lwazi Mpato
Bib-wurm van die jaar: Altus Lourens
Culture Vulture of the year: Marina Barnard
“Selfie” King: Joshua Hermanus
“Selfie” Queen: Karlien de Wet
Cellphone addict: Karlien de Wet
“Pliggie” van die jaar: Bianca de Swardt
Sexiest smile (girl): Nadine Wandrag
Sexiest smile (boy): Joshua Hermanus
Vinkel en Koljander (BFF): Alison & Alexis O’Reilly
Person most likely to become President of SA: Lwazi Mpato
Soccer star: Yaseen Alexander
Google koning(in): Zinanda Geyer
Miss Sunshine: Minette van Zyl
Coolest dude: Joshua Hermanus
Couple most likely to get married: Lwazi Mpato & Amy Corkill
Mej Persoonlikheid: Zelmari Wessels
Mnr Persoonlikheid: Frikkie Potgieter
Gorrie van die jaar (gr 8): Wian Hough
Makriel van die jaar (gr 9): Jayde Hermanus
Dolphin of the year (gr 10): Minette van Zyl
Marlyn van die jaar (gr 11): Wally le Roux
Shark van die jaar (gr 12): Frikkie Potgieter

VIS VAN DIE JAAR: MNR PIETERSE (SKOOLHOOF) !!!!!!!

Baie geluk aan elkeen van die wenners sowel as almal wat genomineer was!