Die afgelope naweek het die o/15- en o/19-krieketspan teen die Struisies te staan gekom.
Die eerstespan het tuis gespeel en eerste gekolf. Punt boul Struisies uit vir slegs 92 lopies. Struisies baklei egter goed terug in die veld en ‘n spannende naelbyt wedstryd eindig gelykop.
Die o/15-span speel in Oudtshoorn en kolf eerste. Die kolfwerk het stadig begin en Eduan Hobbs, Ewan van der Westhuizen, D’Arcy Birkholtz en Kyle Moodley kon met die stewige platform gestel, lekker versnel. Punt teken 110 lopies aan.
Struisies sukkel vanaf die eerste bal en verloor gereeld paaltjies gedurende hul kolfbeurt. Kyle Moodley en Evan Schoeman blink uit met bal in die hand. Kyle neem 5 paaltjies. Die span van Punt wen die wedstryd met 10 lopies in ‘n naelbyt einde.