Die afgelope week was ‘n besige een op die krieketveld met die volgende uitslae:
1. Die o/15-span speel teen Oakdale. Oakdale kolf eerste en teken 66 lopies aan. Punt teken dit gemaklik aan met slegs 3 paaltjies plat. Punt wen met 7 paaltjies. Die graad 8’s blink uit met Whity Bester wat 4 paaltjies neem, en Evan Schoeman met die kolf.
2. Die eerstespan het 2 agtereenvolgende naweke teen Knysna HS gespeel. Beide naweke teken ons groot tellings aan en Knysna haal nie eens 100 lopies nie. Ons wen beide wedstryde lekker ver. Geluk aan Jan-Hendrik Marx met twee 40 talle en 6 paaltjies vir 10 lopies. Henko Senekal teken ‘n mooi 66 aan en Estian Hobbs ‘n baie goeie 71.
3. Donderdag het ons eerstespan teen Glenwood House in ‘n T20 wedstryd gespeel. Jan- Hendrik Marx maak weer die pap dik aan met ‘n goeie en baie vinnige beurt met die kolf. Ons teken 136 lopies aan en boul Glenwood uit vir 129. Punt wen met 7 lopies.
Eerskomende Donderdag speel ons teen Hoërskool Framesby van Port Elizabeth. Kom ondersteun ons twee spanne as hulle hierdie gedugte krieketskool aanpak.