17th August 2020

Punt het gees !

Die pas afgelope naweek sou ons jaarlikse interskole teen Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn gewees het. As gevolg van die inperkings kon dit egter nie gebeur.

Me. Anmarie van Staden in samewerking met die prefekte en dirigente het egter die bul by die horings gepak en gesorg dat almal weet PUNT HET GEES!!!!!!!!

Hulle het ‘n “drive-by” vir Vrydagmiddag na skool gereel waartydens die publiek om die skool gery en toeter geblaas het!!! Dit het groot reaksie uitgelok en Mosselbaai het ter ondersteuning, “hul toeters kom blaas”

Baie dankie aan almal se ondersteuning!!!