Hoërskool Punt het op Vrydag, 1 November 2019, ‘n gholfdag by Mosselbaai Gholfklub aangebied.
Ses en Negentig spelers het deelgeneem en was baie tevrede met die verloop van die dag. Fantastiese pryse ( soos gholfsakke, groot koelhouers met wieletjies en ‘n opslaan braaier) is gewen.
Mnr. Andre van Wyk en Hendrik Kriek het weggestap met die eersteplek en die “langste dag” het behoort aan Mnre JR Foreman en M. Neethling van Hoërskool Punt.
Die dag kon nie plaasvind sonder die samewerking van Mosselbaai Gholfklub wat uit hul pad gegaan het om ons te akkommodeer. Die ete (Kerrie en rys) was heerlik!
Dan ook aan Hoërskool Punt se getroue en lojale borge, baie dankie dat jul altyd bereid is om ons te ondersteun. Ons sê dan graag dankie aan die volgende borge:
Mosselbaai Volkswagen
Mosselbaai Toyota
Mnr. Marius Theron
Mosselbaai Gholfklub
Pinnacle Point Pro Shop
Pinnacle Point Gholfklub
Rauch Gertenbach Prokureurs
Route 57 Restaurant
Mnr. Johan van Zyl
New Look Kitchens
Spar Da Nova
Mnr. Wynand Stander
Garden Route Casino
Hartenbos Slaghuis
Nell Konstruksie
Harcourts Mosselbaai
Gastao’s Mosselbaai
Suid-Kaap Gholfunie
The Travel Chain Mosselbaai
Mnr. Greg Fenn
Old Mutual
Mnr. Altus Wessels
Mnr. Andre Kruger
Baie dankie vir almal se bydrae om van die dag ‘n reuse sukses te maak. Sien u volgende jaar vir ’n beter, groter en, indien moontlik, ‘n nog lekkerder dag.
(Mnr. G. Steinhöbel – Hoof van Gholf)