12th March 2019

Punt-atletiek

Baie geluk aan Jordan Jaars wat in die Wes-Kaap Skole Atletiekspan ingesluit is vir spiesgooi, seuns o/15. Jordan het sy persoonlike beste van 58m tydens die Wes-Kaap byeenkoms gegooi en ‘n goue medalje verower. Hierdie span sal vanaf 21 Maart 2019 in Port Elizabeth aan die SA Hoërskole Atletiekbyeenkoms deelneem. Jandri Snyders het tydens dieselfde byeenkoms, in die 800m, ‘n silwer medalje verower.