PUNT Atlete haal ranglys.
Twee van Hoërskool Punt se trotse atlete het die SA Skole sportsterre se ranglys gehaal, hierdie ranglys is uitslae van verskillende byeenkomste in Suid Afrika en het van die Top atlete nasionaal op.
Deacon Cooper o.15 Hamergooi lê 5de op die ranglys met sy gooi by die Wes-kaap kampioenskappe waar hy ‘n silwer verwerf het met 43,77m.
Deacon het ook aan verskeie virtuele byeenkomste deelgeneem in die grendeltydperk en het besonderse prestasie gekry
Anika Beukes o.16 is op twee items op. 100m (12.50) lê sy 8ste met die tyd wat sy by die EDEN Kampioenskappe gehadloop het asook driesprong (11.04m) wat sy by dieselfde byeenkoms gespring het. ‘n Besonderses prestasie ook is dat Anika by die Wes-Kaap Kampioenskappe ‘n Goud in 100m ook verower het.
Ons is geweldig trots op hierdie atlete en Punt atlete is reeds besig met voorbereiding vir 2021.