15th March 2018

Punt-atlete verteenwoordig Weskaap by SA Skole Atletiekbyeenkoms

Die volgende Punt-atlete is in die Wes-Kaap-span, wat na die SA Skole Atletiekbyeenkoms gaan, ingesluit.

Marizaan van der Mescht (1500m), Andrea Kommer (verspring en driesprong) en Christiaan Welgemoed (hammergooi).  Hierdie byeenkoms vind op 21 – 23 Maart 2018 plaas.

Andrea Kommer is tans by die SA Senior Atletiekbyeenkoms waar sy ook aan die Verspring en Driesprong deelneem.