12 Punt-atlete het die naweek van 13/14 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe wat by die Dal Josefat Stadion in Paarl plaasgevind het, deelgeneem. Ons atlete het skitterend gevaar en verower 3 van die Eden-span se 29 medaljes.
Anika Beukes het Goud verower in D o.17 100m (12,70 sek), Deacon Cooper in S o.15 Hamergooi (43.77m) en Jandri Snyders Brons in D o.17 800m (2:19,58). Wat dit merkwaardig maak is dat al drie van hierdie atlete ‘n jaar jonger is as die ouderdomsgroep waaronder hulle in deelgeneem het.
Ander uitslae was:
Girard September S o.17 Driesprong, (13.33m) 5de plek
Anika Beukes D o.17 Driesprong (10.75m) 4de asook 200m 4de
Sharissa Janse van Rensburg D o.17 500m Stap (33:27.33) 4de
Joalize Steyn D o.15 200m (27.23 sek) 5de plek
Drie van Punt se atlete, Anika Beukes, Jandri Snyders en Sharissa Janse van Rensburg, is gekies vir die SWD Span wat by die ASA Byeenkom sal deelneem