2nd April 2019

Punt-atlete presteer gedurende die vakansie

Jordan Jaars, seuns o/15 Spiesgooi, het vanaf 20 – 23 Maart 2019, as deel van die WP-Atletiekspan, aan die SA Skole Kampioenskappe in PortElizabeth deelgeneem.
Hy het gekwalifiseer om hier te gaan deelneem, deur ‘n goue medalje (met ‘n afstand van 58,59m) in die Paarl, tydens die Wes-Kaap byeenkoms, te verower. Hy het tydens die byeenkoms in Port Elizabeth ‘n afstand van 42,63m gegooi wat hom ‘n 13de plek besorg het en hom een van die beste junior spiesgooiers in die land maak.
Elné Conradie en Danelle Human het vanaf 28 – 30 Maart 2019, in Paarl, aan die ASA Juniors deelgeneem. Elné het aan die 800m deelgeneem, met ‘n tyd van 2:21.09, wat aan haar ‘n 7de plek besorg het.
Danelle het aan die 100m deelgeneem, met ‘n tyd van 12.80, wat aan haar ‘n 6de plek besorg het.
Wat hulle uitslae spesiaal maak, is dat Elné in die o/18 ouderdomsgroep deelgeneem het en Danelle in die o/20 ouderdomsgroep, ‘n ouderdomsgroep hoër as waarin hul normaalweg meeding.
Ons is baie trots op Jordan, Elné en Danelle met hulle pragtige uitslae. Baie geluk ook aan hul afrigters vir die harde werk agter die skerms.