8th October 2019

Punt-atlete presteer by Cradock Top 10-atletiekbyeenkoms

Altesaam 18 Atlete van Hoërskool Punt het aan die Tams, BestMed Madibaz Top10 byeenkoms in Cradock deelgeneem. Die atlete van Punt het 22 medaljes verower (5 Goud, 8 Silwer en 9 Brons).
Punt se beste alteet vir die dag was Anika Beukes (Dogters o/15), wat altesaam 1648 ASA Punte in die 100m (12,62) asook 200m (26.53), verower het.
Ander uitslae wat uitgestaan het was Lee Wildemans (Seuns o/14) in die 400m (54.70), Jandri Snyders (Dogters o/15) in die 800m (2:29.09) asook 1500m (5:28.20), Johane de Jager (Dogters o/14) 90m Hekkies (15.75) en Jonique Erasmus (Dogters o/17) in die 100m (13.31).
Punt het ‘n baie jong span ingeskryf waarvan slegs 5 van die atlete 16 en ouer was.
HS Punt algeheel 10de geëindig uit ‘n total van 80 spanne. Dit was slegs 972 ASA Punte van eersteplek af, wat uitstekend is.