26th Feb 2019

Punt 1ste Netbalspan wen toernooi!

Die 1ste netbalspan het op Vrydag, 22 Februarie 2019, na Kaapstad vertrek waar hulle aan Hoërskool Bosmansdam se netbaltoernooi deelgeneem het. Dit was baie warm en windstil (vir ‘n verandering) in die Kaap van Storms.

Die o/19-spanne het in 4 poele gespeel. Punt wen al 4 die wedstryde in hul poel. Hul eindig dus 1ste in hul poel.

Die uitspeel wedstryde was bietjie taaier en daar was maar weinig rus tussen die wedstryde:
Wen 14-3 teen Melkbosstrand
Wen 11-4 teen Parklands
In finaal wen Punt 15-8 teen ‘n baie gedetermineerde span van van Fairbairn.

Punt eindig as wenners van die toernooi.

Baie dankie aan ons 1ste span borge:
Just Property
TMK Landmeters
Du Toit Lambrechts Inc. Prokureurs

Span:
Agter vlnr:  Winona Huisamen, Me E. Nel (afrigter), Elrize Moolman, Shani Pick, Lereen Mostert, Tacha-Marie Jourt, Lee-Schen Muller
Voor vlnr:  Jaydé Hermanus en Antorien Alberts