Die 1ste netbalspan van 2018 speel reeds vanaf 2017 saam en het in hierdie tyd groot hoogtes bereik. Vanaf 2017 speel hulle 105 wedstryde en wen 88 daarvan. Hierdie span het voorwaar hul merk gemaak.
Hierdie span kwalifiseer in beide 2017 en 2018 vir die Wes-Kaap Top Skole-toernooi, en in 2018 eindig hulle 4de in die Wes-Kaap. Tydens die 2018 Top Netbaltoernooi in George, eindig hierdie span 4de uit 14 skole van regoor die land. Tydens die Klein Karoo-toernooi in Oudtshoorn, eindig die span 2de uit 11 skole.
Hiermee ‘n paar indrukwekkende uitslae gedurende die 2018-seisoen:
Wen HS Hermanus 45 – 13
Wen HS Outeniqua 28 – 25
Wen Worcester Gimnasium 45 – 30
Wen HS Langehoven 38 – 22
Wen HS Despatch 46 – 14
Wen Langenhoven Gimnasium 37 – 26
Me. Nel, afrigter, sê: “Hierdie was voorwaar ‘n uitsonderlike groep dogters en dit was ‘n voorreg om by hulle betrokke te kon wees.”
Me. Nel ook aan jou as afrigter, baie dankie vir jou harde werk, omgee vir die span en liefde vir die sport!
Dit is van die, indien nie die, beste prestasies deur ‘n Punt-netbalspan en hulle leef Punt se leuse, VAN HOOG NA HOËR met passie uit!
HSP-Netbal het ‘n uitnodiging na Paarl Gimnasium se Fast 5-netbaltoernooi, vir o/15- en o/17-spanne, ontvang wat op 8 September 2018 begin.
Juanic Alberts, Charlene Johnson, Anja Schwim, Zanie Fourie, Winona Huisamen, Elrize Moolman en Sanchia-Lee Barnardo