7th June 2018

PERSONEEL MELODRAMA

Die personeel van HS Punt het vanjaar hul eerste Melodrama aangebied.  Dit het plaasgevind op 21 en 22 Maart 2018 en meer as 1000 toeskouers het hierdie uiters geslaagde aanbieding bygewoon.

Die leerders het dit baie snaaks gevind om hul onderwysers in die skoene van bekende sangers en sangeresse te sien staan.  Die ondersteuners het die personeel luidkeels aangemoedig.  Dit was ‘n aand van musiek en dans en die personeel het baie ure ingesit om die danspassies te kon baasraak.

Baie dankie aan elke personeellid wat bygedra het om van die aand ‘n sukses te maak.