12th September 2018

Paarl Gim Fast 5 Toernooi

PUNT-NETBAL
Die o/15- en o/17-netbalspanne van HS Punt het die afgelope naweek aan Paarl Gimnasium se Fast 5 netbaltoernooi deelgeneem.
Die o/17-span wen Paarl Vallei A en Worcester Gimnasium maar val ongelukkig vas teen die span van Paarl Girls High. Die meisies eindig 2de in hul poel en moet uitspeel teen die span van Paarl Gim. Hul wen die power play 18 doele teen 14 van Paarl Gim maar verloor ongelukkig die wedstryd 26 – 27.
Die span kom te staan teen die span van Bloemhof Meisies vir die 3de en 4de plekke en verloor ongelukkig met 7 doele. Hulle eindig dus in ‘n algehele 4de plek in hul ouderdomsgroep. ‘n Ongelooflike ervaring vir hierdie baie jong en onervare span.
Die o/15-span eindig ook 2de in hul poel en eindig ook in die algehele 4de plek in hul ouderdomsgroep.