27th August 2019

o/17 SWD Sewes-proewe in George

Hoërskool Punt se o/17 7’s-rugbyspan het op Saterdag, 24 Augustus 2019, by PW Botha in George aan die o/17 SWD sewes-proewe deelgeneem. ‘n Baie jong o/15-span, wat vars van ‘n brons medalje by die Zibi 7’s af kom, het deelgeneem met slegs drie o/17 spelers wat by die span bygevoeg is.

Punt het eerste teen die Barbarians, wat uit ‘n kombinasie van Outeniqua en Oakdale spelers bestaan, gespeel. Punt verloor ongelukkig hierdie wedstryd waartydens Callie Schutte ‘n uitstekende drie gedruk het.

Daarna speel Punt teen PW Botha en wen die wedstryd 26 – 21. In hul volgende wedstryd verloor Punt ongelukkig 12-17 teen die span van Kairos.

Punt dring deur na die Plaat Semi-finaal (op punteverskil) en speel teen George High. Met ‘n paar beserings en moeë lywe verloor Punt ongelukkig hierdie wedstryd.

Dit word gesien as ‘n baie goeie leerskool en ervaring vir die jong span, aangesien die meeste van die spelers nog vir die volgende 2 jaar in hierdie ouderdomsgroep kan deelneem.

Mr. M. Neethling is na afloop van die proewe as afrigter van die SWD o/17-span aangewys. Mr. J.R Foreman het as keuder vir Mosselbaai-streek opgetree.

De la Rey Steyn is aangewys as Punt se man van die toernooi.