4th June 2019

o/17-Netbalspan na Wes-Kaap Topskole-toernooi

Die o/17-netbalspan van HS Punt het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap Topskole netbaltoernooi by De Kuilen in Kuilsrivier deelgeneem.

Die meisies het baie mooi gespeel maar kon ongelukkig nie kwalifieer vir die volgende rondte nie. Die span het egter baie goeie ondervinding opgedoen.