3rd April 2019

o/15A Rugby na Paarl Boys High Toernooi

0/15-RUGBY NA PAARL BOYS HIGH SCHOOL TOERNOOI
Die o/15A-rugbyspan van Hoërskool Punt het die afgelope vakansie aan die o/15 Rugbytoernooi van Paarl Boys High deelgeneem.
Punt wen hul eerste wedstryd teen WP XV 21-14 en verloor ongelukkig hul tweede wedstryd teen Paul Roos Gimnasium XV. Op die laaste dag van die toernooi speel Punt teen Paarl Boys High XV en wen die wedstryd 18-10.
Dit was ‘n ongelooflike ervaring en leerskool vir hierdie jong spelers. Punt is baie trots op die seuns wat met elke wedstryd met soveel passie op die veld gedraf het.
Daar was ook tyd vir pret ! Die mann was by die Grand West Casino waar hulle die ysskaatsbaan aangedurf het. Hulle het baie gou agtergekom dat dit glad nie so maklik is as wat dit lyk nie. By die Cool-runnings pretpark het die manne dit so geniet dat dit baie moeilik was om weer almal in die bus te kry om huiswaarts te keer.
‘n Baie groot dankie aan ons borge wat dit moontlik gemaak het om hierdie jong seuns die ervaring en blootstelling te gee:
Coetzer Bouers
Glasfit
ERB Aluminium
MSec
2 Anonieme borge