6th November 2017

Netbalspanne Presteer

PUNT NETBALSPANNE DOMINEER

Tydens die langnaweek het 3 van ons netbalspanne, onderweg na Hermanus, teen Swellendam gespeel. In Swellendam aangekom, het die wedstryde met dreigende weer begin.

Die o/14A-span verloor 12-15, o/16A wen 16-9. Die eerstespan se wedstryd word, as gevolg van die weer, vroeg in die 2de kwart gestop met die telling 8-5 in die guns van Punt.

Die weer in Hermanus was aansienlik beter, en is die dag op ‘n hoë noot afgeskop. Vyf uit die 10 Punt-spanne wen hul wedstryde: o/14A 17-15, 0/14B 10-7, o/16A 23-11, o/16B 19-4 en die eerstespan wen 31-19.

Die afgelope naweek het die o/14C, o/16B en die tweedespan, in Heidelberg, aan ‘n toernooi deelgeneem. Die o/14C-span speel 4 wedstryde en kan ongelukkig nie ‘n wen beklink nie. Die tweedespan speel 4 wedstryde waarvan hul 3 wen en een gelykop speel. Die o/16B-span wen 2 uit hul 3 wedstryde.

Tydens die naweek was daar ook SWD/Eden proewe in Oudtshoorn:
By die o/16’s, is Winona Huisamen gekies om Eden, die komende naweek, in Kuilsrivier, by die Wes-Kaap o/16 proewe vir die Winter Games, te verteenwoordig. Die Winter Games vind tydens die Julie-vakansie plaas. Die o/16 SWD-groep sal na die komende naweek bekendgemaak word.

WES-KAAP SPAN

Baie geluk aan die volgende Punt-dogters wat in die onderskeie Wes-Kaap netbalspanne opgeneem is:

o/14 – Chanté Marais
o/15 – Lize-May Niemann & Tasha-Marie Joubert
o/16 – Winona Huisamen en Elrize Moolman
o/17 – Sanchia-Lee Barnardo

Foto agter:  Winona Huisamen
3de ry:  Lize-May Niemann en Sanchia-Lee Barnardo
2e ry:    Elrize Moolman
Voor:    Tasha-Marie Joubert en Chante Marais

 

 

 

Netbaldatums 2018