11th March 2020

Netbal vs Bredasdorp

Op Saterdag, 7 Maart, het HS Punt se Netbalspanne vroegoggend met hul busse vertrek om teen Hoërskool Bredasdorp kragte te meet. Op ‘n vuurwarm dag is Punt met strawwe kompetisie verwelkom. ‘n Totaal van 13 spanne het deelgeneem en die uitstlae was as volg:

o. 14 A: 7 – 14 (verloor)
o. 14 B: 8 – 12 (verloor)
o. 15 A: 15 – 9 (wen)
o. 15 B: 5 – 24 (verloor)
o. 16 A: 11 – 15 (verloor)
o. 16 B: 7 – 11 (verloor)
o. 17 A: 7 – 10 (verloor)
o. 18 B: 16 – 5 (wen)
o. 18 A: 33 – 33

Na hierdie tawwe wedstryde sien die netbaldogters uit na die wedstryde teen Hermanus hierdie naweek. Alle A- en B-spanne sal op Saterdag, 14 Maart, teen Hoërskool Hermanus te staan kom.

Foto:  o. 17A-span
V.l.n.r. Liesel Condradie, Leandrie van der Linde, Carlin Oppperman, Megan le Roux, Chanté Bhana, Shenique Lawrence, Kaydia Steenkamp