12th September 2019

Natuurlewestap na Rondebossie Diepwalle

Punt se Natuurlewestap-klub het die afgelope naweek ‘n uitstappie na Rondebossie Diepwalle aangepak. As gevolg van die brande moes die groep ongelukkig van die oorspronklike roete afwyk en ‘n ompad volg.

Die groep van 36 leerders, met Me. E. Nel in beheer, het die naweek geweldig baie geniet ten spyte van die baie warm weer.