Verskeie Punt-leerders het op Saterdag, 25 Augustus 2018, tydens die Mosselbaai Eisteddfod se gala-aand, in die Diaz Museum, opgetree:
Lucia Pauw (Viool), Punt Note (Instrumentale Ensemble), Punt Acapella, Ruan Heckroodt en Charles Deacon (Kitaar duet). Hierdie leerders is genooi om op te tree na aanleiding van die goeie simbole wat hul tydens die Eisteddfod behaal het. Die koor is ook genooi maar het nie opgetree nie.
Baie geluk aan elke leerder wat HS Punt tydens die Mosselbaai Eisteddfod verteenwoordig het. Julle het voorwaar die skool se naam hoog gehou.