7th August 2019

Mini Brag en Big Brag 2019

Vanjaar se Mini en Big Brag het weer baie hoendervleis oomblikke opgelewer tydens die bekendstelling van die spanne. Die Big Brag, waartydens die eerstespanne aan die res van die skool bekendgestel is, het gewys met watter passie en trots die eerstespanne die Interskole tegemoet gaan. Bekendes uit die sportwereld het videos met boodskappe aan die spanne gestuur en dit is ook tydens hierdie geleentheid vertoon.

Tydens die Mini Brag, by die Van Riebeeck Stadion, is die ander spanne Vrydag, op luisteryke wyse, aan die res van die skool bekendgestel. Elke span het met ‘n banier, met Grease as tema, op die veld aangetree. Die spanne met hul baniere was ‘n pragtige gesig en iets wat elke “Vis” met ‘n trotse hart gelaat het.

Na afloop van die seremonie het die pret begin toe die personeel, prefekte en gr 12-leerders mekaar op die netbalbaan aangedurf het. Hierdie wedstryde was baie pret en die spanne moes hard werk om doele aan te teken. Vir sommige “spelers” was dit baie moeiliker as vir ander.

HS Punt se gees was reg vir Saterdag, wen of verloor, ons bly PROUDLY POINT!!!